Saturday, 25 October 2008

Plaas my in 'n boks en merk dit Fake

Ek is gisteraand totaal en al geruk uit my comfort zone. Die aim was ‘n girls' night, maar iets anders as gewoonlik. Een vriendin wie se naam ek eerder nie gaan mention nie, kom toe met die idée om Danskraal toe te gaan. Danskraal, wtf? Dis in Bellville, naby shoe city. Enough said. Na ‘n vreeslike lekker aand, Afrikaanse geskiedenis swot, en ‘n conversation met Niel Roos, het ek ‘n paar dinge besef.

· Afrikaners gee te maklik op; die kultuur (let wel, nie die taal nie) is basically in twee gedeel. Die wat vir bokdrol treffers is, en diè teen dit. Alle Afrikaners hou tog van braaivleis (en moet nie jok nie). So die wat teen dit is, is te bang om homself ‘n Afrikaner te noem, as gevolg van die meerderheid wat die kultuur ‘n spesifieke beeld gee. Die beeld dat alle Afrikaners van bokdrol treffers en braaivleis hou, dus verwyder hulle hulself van die kultuur, eerder as om teen die stigma te veg.

· Stellenbosch is in ‘n manier presies dit… Die wat vir Mystic en Bohemia is, en die teen dit. Nes ek wou kots in my mond toe ek Danskraal betree, is ek seker dat ander weer naar voel as hulle Bohemia instap. Dit punt is- niemand is regtig anders nie (ja, ek kom agter jy raak nou kwaad en dink jy is die spesiale een wat anders is) maar nee.

· Om anders te wees beteken nie jy moet rebel teen ander dinge nie. Die ideal met individualisme is om eerlik te wees met wie jy is, nie wie jy nie is nie. Dit is wat mense soms verkeerd verstaan. Om saam te staan (onsself te klassifiseer gee ons wel ‘n gevoel van eenheid) maar eintlik baklei ons teen mekaar! Dit is net jy wat teen jouself verloor deur jou individualisme te verkrag.

· So toe glip die idée van Afrikaner nasionalisme in- en na so bietjie leerwerk besef ek… ons het nogsteeds nie aan die verlede laat gaan nie. Afrikaner Nasionalisme het juis ontstaan deur die protes teen Britse Imperialisme (dit wat ons nie wou wees nie). Toe moes ons onsself in ‘n boksie plaas om "anders" te wees, en ons het toe riglyne geskep vir hierdie kultuur. As jy nie sekere dinge gedoen het nie, was jy nie ‘n ware Afrikaner nie, en almal wou ware Afrikaners wees.

· Dit is toe so dat hierdie ware Afrikaners die meerderheid raak, en almal wat in die meerderheid is, dink mos hulle is beter as die res… die onstaan van die NP, en die begin van apartheid. Kan enige iemand die verhouding sien?

Wat ek basically op wil neerkom is dat ons almal as Afrikaners is soveel verskillend soos wat ons dieselfde is. Ja- nogal ‘n teaser. Dit beteken eintlik- ons het dieselfde verlede, selfde onderdrukking, maar dit maak nie vir my en my boksie wyn beter as jy met jou cane en cream soda nie. Marxisme was dus reg toe hulle gesê het dat alles bepaal word deur sosiale klasse. Jy kan kies of jy daardie barrier wil breek! Klim ‘n bietjie uit jou boksie, daar is ‘n hele dansvloer daar buite, kom ons hou op om net produkte van ons omgewing te wees!

Wednesday, 22 October 2008

Vck@ Aandklas: Wie vernietig jy?

Hoeveel is daar oor om te se en te doen in hierdie wereld om anders te wees? Hoe versigtig moet ‘n mens trap voordat jy ander se paaie vernietig? Hoe belangrik is my opinie, wat maak dit beter as joune? Gaan alles nie op die ou end oor persoonlike smaak nie? Ek het iets geproe in die laaste week, en dit was bitter.

Die bitterheid kom voor in die die mens wat vreugde vind in die ondergang van ander. Ek verwys na die Van Coke Kartel CD Launch vir die album, Waaksaam en Wakker. Ek het gewerk by hierdie show die 18de Oktober, en ek het skaam gevoel oor my betrokkenheid. Van musiek weet ek dalk self nie genoeg om kritiek te kan lewer nie, maar oor mense is ek bietjie meer kundig. Laat ek dit vir jou in ‘n metafoor verduidelik. Daar is ‘n dier in ‘n hok, hy is gewond deur die toeskouers self, hul staan en praise dit wat hulle besig is om te vernietig, en dit los hulle met gretigheid vir meer. Die album title is wel ironies aangesien waaksaam(om op jou hoede te wees) nie ‘n baie gepaste beskrywing is vir wat op die verhoog plaasgevind het nie. Ja, ons almal kan kritiseer, maar nie een van ons het die reg om te kyk hoe ons mekaar vermoor nie. So ja jy, met jou Van Coke Kartel T-shirt aan, wat gee jy terug vir musiek? Of lek jy maar net soos ‘n hond dit op wat vir jou die res van die week ‘n topic van conversation gaan gee? Ek kry vir Francios jammer, en ek hoop hy wil homself begin help, anders gaan Suid-Afrika binnekort sy eie Kurt Cobain hê. Ons los dit maar hier, ek wil nie te veel in detail ingaan nie, dis net tyd dat ons mekaar begin beskerm.

Friday, 18 July 2008

wit papier


Daar is iets vreesaanjaend aan ‘n skoon wit papier. Dit verblind jou, dit krap in jou siel,dit maak jou ongemaklik. Die rede hiervoor is omdat die papier wag, hy is in afwagting oor wat ontbloot gaan word. Sal die papier veroorsaak dat nuwe waarhede tot die lig gebring gaan word? Of sal die papier jou diepste geheime ‘n realiteit maak. Ek kry ‘n gevoel van angs as ek die skoonheid van ‘n papier sien, my vingers jeuk en my hart begin vinniger klop. Ek is bang. Bang vir watter sinne al hierdie letters op die sleutelbord voor my gaan vorm, bang vir die prentjies wat die literatuur gaan skep.

Tog begin my vingers ritmies beweeg in ‘n melodie van skepping. Ek is voor ‘n gehoor en almal verstaan die taal van my kreatiwiteit. Ek is in die middel van die vertoning en onbewus van wat die uiteinde gaan wees. Die feit bly staan dat die oomblik myne is, dit is ek en my woorde en niemand kan ons van mekaar skei nie. Ons is in harmonie, dans ritmies saam met metafore, sing saam met alliterasie en voer ‘n gesprek met ironie. Dit is ek en alles in my en die woorde gee vorm aan my siel. Soos wat ek weer bewus word van die wereld rondom ons,skrik ek, my papier is vol letters, die gehoor is stil-wat het ek geskryf?