Wednesday, 22 October 2008

Vck@ Aandklas: Wie vernietig jy?

Hoeveel is daar oor om te se en te doen in hierdie wereld om anders te wees? Hoe versigtig moet ‘n mens trap voordat jy ander se paaie vernietig? Hoe belangrik is my opinie, wat maak dit beter as joune? Gaan alles nie op die ou end oor persoonlike smaak nie? Ek het iets geproe in die laaste week, en dit was bitter.

Die bitterheid kom voor in die die mens wat vreugde vind in die ondergang van ander. Ek verwys na die Van Coke Kartel CD Launch vir die album, Waaksaam en Wakker. Ek het gewerk by hierdie show die 18de Oktober, en ek het skaam gevoel oor my betrokkenheid. Van musiek weet ek dalk self nie genoeg om kritiek te kan lewer nie, maar oor mense is ek bietjie meer kundig. Laat ek dit vir jou in ‘n metafoor verduidelik. Daar is ‘n dier in ‘n hok, hy is gewond deur die toeskouers self, hul staan en praise dit wat hulle besig is om te vernietig, en dit los hulle met gretigheid vir meer. Die album title is wel ironies aangesien waaksaam(om op jou hoede te wees) nie ‘n baie gepaste beskrywing is vir wat op die verhoog plaasgevind het nie. Ja, ons almal kan kritiseer, maar nie een van ons het die reg om te kyk hoe ons mekaar vermoor nie. So ja jy, met jou Van Coke Kartel T-shirt aan, wat gee jy terug vir musiek? Of lek jy maar net soos ‘n hond dit op wat vir jou die res van die week ‘n topic van conversation gaan gee? Ek kry vir Francios jammer, en ek hoop hy wil homself begin help, anders gaan Suid-Afrika binnekort sy eie Kurt Cobain hê. Ons los dit maar hier, ek wil nie te veel in detail ingaan nie, dis net tyd dat ons mekaar begin beskerm.

3 comments:

Anonymous said...

Baie waar wat jy se. Net hy kan homself help. Dit is goed dat mense hul opinies uitlig sodat hy dit dalk weet. Dalk dink hy daaroor en besluit om net bietjie beter roetines te volg of dalk ignoreer hy net wat mense se. Hopelik sal hy ageterkom, hopelik sal hy lees wat mense te se het en weet dat hul bekommerd is.

Luca Vincenzo said...

I've seen that Kurt Cobain reference somewhere else before...?hmmm? ;)

papierpop said...
This comment has been removed by the author.