Saturday, 25 October 2008

Plaas my in 'n boks en merk dit Fake

Ek is gisteraand totaal en al geruk uit my comfort zone. Die aim was ‘n girls' night, maar iets anders as gewoonlik. Een vriendin wie se naam ek eerder nie gaan mention nie, kom toe met die idée om Danskraal toe te gaan. Danskraal, wtf? Dis in Bellville, naby shoe city. Enough said. Na ‘n vreeslike lekker aand, Afrikaanse geskiedenis swot, en ‘n conversation met Niel Roos, het ek ‘n paar dinge besef.

· Afrikaners gee te maklik op; die kultuur (let wel, nie die taal nie) is basically in twee gedeel. Die wat vir bokdrol treffers is, en diè teen dit. Alle Afrikaners hou tog van braaivleis (en moet nie jok nie). So die wat teen dit is, is te bang om homself ‘n Afrikaner te noem, as gevolg van die meerderheid wat die kultuur ‘n spesifieke beeld gee. Die beeld dat alle Afrikaners van bokdrol treffers en braaivleis hou, dus verwyder hulle hulself van die kultuur, eerder as om teen die stigma te veg.

· Stellenbosch is in ‘n manier presies dit… Die wat vir Mystic en Bohemia is, en die teen dit. Nes ek wou kots in my mond toe ek Danskraal betree, is ek seker dat ander weer naar voel as hulle Bohemia instap. Dit punt is- niemand is regtig anders nie (ja, ek kom agter jy raak nou kwaad en dink jy is die spesiale een wat anders is) maar nee.

· Om anders te wees beteken nie jy moet rebel teen ander dinge nie. Die ideal met individualisme is om eerlik te wees met wie jy is, nie wie jy nie is nie. Dit is wat mense soms verkeerd verstaan. Om saam te staan (onsself te klassifiseer gee ons wel ‘n gevoel van eenheid) maar eintlik baklei ons teen mekaar! Dit is net jy wat teen jouself verloor deur jou individualisme te verkrag.

· So toe glip die idée van Afrikaner nasionalisme in- en na so bietjie leerwerk besef ek… ons het nogsteeds nie aan die verlede laat gaan nie. Afrikaner Nasionalisme het juis ontstaan deur die protes teen Britse Imperialisme (dit wat ons nie wou wees nie). Toe moes ons onsself in ‘n boksie plaas om "anders" te wees, en ons het toe riglyne geskep vir hierdie kultuur. As jy nie sekere dinge gedoen het nie, was jy nie ‘n ware Afrikaner nie, en almal wou ware Afrikaners wees.

· Dit is toe so dat hierdie ware Afrikaners die meerderheid raak, en almal wat in die meerderheid is, dink mos hulle is beter as die res… die onstaan van die NP, en die begin van apartheid. Kan enige iemand die verhouding sien?

Wat ek basically op wil neerkom is dat ons almal as Afrikaners is soveel verskillend soos wat ons dieselfde is. Ja- nogal ‘n teaser. Dit beteken eintlik- ons het dieselfde verlede, selfde onderdrukking, maar dit maak nie vir my en my boksie wyn beter as jy met jou cane en cream soda nie. Marxisme was dus reg toe hulle gesê het dat alles bepaal word deur sosiale klasse. Jy kan kies of jy daardie barrier wil breek! Klim ‘n bietjie uit jou boksie, daar is ‘n hele dansvloer daar buite, kom ons hou op om net produkte van ons omgewing te wees!

No comments: