Sunday, 13 September 2009

Verteller van my lewe

Narration. Pictures, Images and Photos

Hoe kies ‘n mens hoe dit vertel moet word? As ek dit eerste persoon sou maak, sou daar ‘n sekere selfversekerheid saam met dit moet kom. Net genoeg, want te veel sal beteken dat daar eintlik ‘n bondel onsekerheid agter die kalm glimlag wremel. Die idée van die eerste persoon vertelling is om in beheer te klink. So dus is jy dan die skepper van hoe jy wil he mense moet die realiteit rondom jou sien. Dit beteken nie noodwendig dit is waar nie. Jy kan die leser se guns wen deur om een of ander morele daad te doen, wat jou ‘n ‘goeie’ mens maak, wat dan lei tot verdere vertroue in die karakter. Of jy kan die selfs bejammerings kaart speel, sodat die naiwe leser met simpatie die bladsye blaai. Dit gaan alles oor hoe goed jy jou storie kan vertel, en hoe goed jy jouself wil laat lyk.

Dit is waar leuens inkom.

Want nou is dit nie ‘n boek wat gelees word nie, maar eerder mense wat jy mislei. Jy kry nou meer vervulling uit hierdie spel as wat jy aanvanklik gedink het. My hierdie vertelling, is jy in beheer, en as hul nie die skrywer ken nie, is die eerste persoon hulle held.

Dit is vir my interessant dat mense weg kom met hierdie leuens, aangesien daar meeste van die tyd iemand in die gesprek is wat weet wat die waarheid is. Daardie persoon wil dan nie die leuenaar in verleentheid stel nie, of dalk verleuntyd. As ek die pop in iemand anders se poppekas was, sou ek graag wou weet.

Die tweede persoons vertelling sal in sosiale omstandighede so klink:

Pietie: Anneke, wat sou jy se is jou beste eienskap?
Anneke: (Bloos en giggle) Ek weet nie, wat dink jy is my beste eienskap, Sannie?

( Sannie is natuurlik nou in die posisie waar sy vinnig ‘n bondel adjektiewe bymekaar moet gooi en dit so trouenswaardig moontlik moet oordra).

Sannie: Anneke is eerlik, snaaks, liefdevol, vriendelik, oulik en ja, man, sy is net soos awesome.

(Anneke lyk dan verbaas oor hierdie dinge asof sy dit nooit gehoor het nie, alhoewel sy wens daar was meer gese oor hoe oulik sy is).

Anneke: Aaaw, Sannie, regtig? Jys soooo ‘n goeie vriendin.


Ons is te bang om goed te praat oor onsself, dat ons ander forseer om dit te doen. Dus word daar alklaar mooi dinge oor jou gese, maar jy kan na dit nog beskeie ook wees deur verbaas te reageer daarop!

Die mens is selfsugtig en wil geprys word.

Aangesien ek nie in Stranger than Fiction is nie, is ek nie bewus van wat die alwetende verteller oor my se nie, maar ek is seker dit is nie op die oomblik baie goed nie. Dit sou nogals interessant gewees het om te kon hoor presies wat jy dink in plaas daarvan om dit te gooi in jou onderbewussyn en later nagmerries daaroor te he.

Ja, ek praat baie deurmekaar, maar die punt is ek praat, en as ek dit reggekry het om te maak dat jy tot hier lees, is ek in beheer, en verkies ek om vir myself te praat. Ek kan dit tog die beste doen.

1 comment:

Stefan Steenkamp said...

Een verdere vraag wat jy moet vra is:

Watter impak het my opvoeding en kultuurgroep waaraan ek behoort op die manier wat ek myself sien en oor myself dink.

Die tipiese afrikaanse opvoeding gee deurgaans die "minste-sindroom". Jy moet nie te veel van jouself dink nie, anders is jy arrogant! Ongelukkig, indien jy nie blootgestel word aan 'n ander manier van dink nie, sal jy jou hele lewe deurgaan met die sindroom.

Maar die meer liberale kultuurgroepe soos die Franse en Nederlanders en ook die Engelse Suidafrikaner, word grootgemaak om hulself in 'n ander lig te sien. Hier word kinders aangemoedig om goed oor hulself te dink en uitgesproke te wees oor hulle behalings. Dit word dan glad nie as arrogant gesien nie!

Dis maar net 'n bietjie chilli poeier in jou sop...