Monday, 18 May 2009

Every you and every me

"Every You Every Me"

Sucker love is heaven sent.
You pucker up, our passion's spent.
My hearts a tart, your body's rent.
My body's broken, yours is bent.

Carve your name into my arm.
Instead of stressed, I lie here charmed.
Cuz there's nothing else to do,
Every me and every you.

Sucker love, a box I choose.
No other box I choose to use.
Another love I would abuse,
No circumstances could excuse.

In the shape of things to come.
Too much poison come undone.
Cuz there's nothing else to do,
Every me and every you.
Every me and every you,
Every Me...he

Sucker love is known to swing.
Prone to cling and waste these things.
Pucker up for heavens sake.
There's never been so much at stake.

I serve my head up on a plate.
It's only comfort, calling late.
Cuz there's nothing else to do,
Every me and every you.
Every me and every you,
Every Me...he

Every me and every you,
Every Me...he

Like the naked leads the blind.
I know I'm selfish, I'm unkind.
Sucker love I always find,
Someone to bruise and leave behind.

All alone in space and time.
There's nothing here but what here's mine.
Something borrowed, something blue.
Every me and every you.
Every me and every you,
Every Me...


-Placebo





Vandag is een van daardie dae. Die dag wat se naam nie aan een van die sewe behoort nie. 'n dag wat die reen my terg. Die koue maak ligte skrapies teen my siel, maar die warm kombers laat my besef dat dit kan veel erger raak.

Alhoewel meeste van my gevoelens vrees as inhoud het, is hierdie gevoel anders. Die rede omdat ek nie bang is nie, is omdat ek weet net soos al die ander dae, gaan hierdie dag ook verby gaan. Vandag se denke gaan ook verval, en indien iets in my onderbewuste vasgesteek het, gaan dit net nog 'n dag wees.

Die reen is onvoorspelbaar, soms liggies en skadeloos, ander kere oordonderend en magtig. Dit is hoe meeste dinge op die oomblik voel. Ek het te gemaklik geraak in hierdie lewe, niks is meer nuut nie, alles is intertekste met mekaar.

Ons almal gebruik mekaar. Ons hou daarvan om te se ons gee om, maar eintlik wil ons he dat die ander persoon oor ons moet omgee. " Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he" is maar net een van die tricks van lewe om jou selfsugtige begeertes te bevredig.

Hierdie dae soos vandag, maak my gewoonlik 'n bietjie te pessimisties, maar saam met die negatiwiteit, kom daar uitdagings.

Ek wil nie net warm kry nie, want soos die koue, gaan die hitte ook verby. Dit vraag is, hoe waardeer 'n mens hierdie dinge wat verby gaan. Hoe drink 'n mens tee in die reen saam met die persoon waarvoor jy die meeste omgee, sonder om te dink dat die prentjie nie perfek is nie?

Waarop ek dalk neerkom is,verwagtinge, dalk moet ons hulle nie skep nie. Dalk le die sonde daarin om te veel van ander te verwag, en dan hulle te blameer vir dit wat hulle nie doen nie.

Ek le nou hier onder twee komberse, my siel van die koue versteek, en dink aan die mense wat waarlik my hart wil warmer maak. Dan wonder ek ook, hoekom ek so graag saam met die in die reen wil gaan speel?
Wys my een persoon in roetine, wat dit nie wil breek nie. Wys vir my een persoon in chaos wat nie smag na daardie roetine nie.

Ons sal nooit tevrede wees nie. Ek waardeer dit wat ek het, maar sal beslis aanhou smag na dit wat ek nie kan kry nie. Daarom geniet ek die drama, van dae soos vandag.
Ek nooi jou uit om 'n bietjie kanse te vat, en vandag iets te doen, wat niemand van jou sou verwag nie! Dalk is daar geheime in die reen, wat net die wat kanse kan vat, sal ontdek.

2 comments:

Unknown said...

Verstrooid en omgekrap sit hy in 'n donker hoekie van 'n kroeg, die wind streel die swaai deure en die nag se geluide huil daar buite.
Met 'n veblindende lig sien hy hoe waarheid ingestap kom en bestel vir hom 'n dubbel, ... dadelik, kranksinnig maak hy sy verskyning ewe beskeie berderf hy die skadu's nader, onseker wat om te vra steier hy woord vir woord oor sy gedagtes om net homself met onsekerheid te ooreed om terug te keer na genade. Ingesluk en uitgestippel verdwyn sy oë tussen al sy whisky glase...

Herman said...

Dit is wonderlik, ek wil ook onder twee warm komberse sit en reflekteer oor die lewe! Verkieslik met 'n warm hartklop teen myne en stomende koppie in die hand... maar saammet hierdie gevoelens wat in my gewek word is jou woorde ook baie inspirerend, dankie